Local newsNews

Protea ruiterspanne kraai behoorlik koning in internasionale kragmeting

Baie geluk aan hierdie ruiters!

Uitsonderlike ruiterkuns is vandeesweek by die AfriDome in Parys gesien toe die dorp gasheer was vir die 2023 International Invitation Saddle Seat Competition.

Tydens die kompetisie het die senior en junior Amerikaanse en Protea ‘saddle seat’ spanne mekaar die stryd aangesê.

Die Protea senior span verower goud in beide die Driegang en Vyfgang kampioenskap, terwyl die Protea Junior span silwer vir die Driegang en goud vir die Vyfgang ontvang.

‘n Uitstaande prestasie vir dié ruiters.

Van die Protea-ruiters wat behoorlik skoonskip gemaak het by die Internasionale Uitnodigingsbyeenkoms waar kragte gemeet is met die Amerikaanse ruiterspanne. Foto: South African Equestrian Federation.

Die Amerikaanse junior span het die driegang kampioenskap gewen.

Die Amerikaanse ruiters. Foto: Sarena Eaton – Fundraising to South Africa Facebook page

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button