Local newsNews

Ngwathe Eskom-skuld: Dit is die ware prentjie

Die bestuur van Ngwathe se sake word huidiglik geweldig gekortwiek deur die gebrek aan permanent aangestelde bekwame senior bestuurders

Eskom het aangekondig dat die Ngwathe munisipaliteit se skuldverligtingsaansoek vir moontlike afskrywing van sy Eskomskuld voorwaardelik goedgekeur is. “Tydens ‘n sitting van die raad op 13 Desember 2023 kon egter nog nie duidelikheid gekry word oor wat presies die voorwaardes behels nie” sê Vryheidsfront rdl. Phillip van der Merwe.

Dit is egter bekend dat een van die kernvereistes vir die skuldverligting bepaal dat munisipaliteite minstens hul Eskom maandrekeninge elke maand voluit moet betaal.

Ngwathe se maandrekening vir November 2023 beloop nagenoeg R33,8 miljoen en die totaal verskuldig het nou aangegroei tot R 2 015 miljard. Gedurende die periode Julie tot Oktober 2023 kon die munisipaliteit in totaal slegs ongeveer R 10,4 miljoen op die
rekening inbetaal. Die skuld het gevolglik vanaf Augustus 2023 tot hede met bykans R100 miljoen gegroei.

“Kontantvloeiprobleme word nie alleen veroorsaak deur wanbetaling en kragdiefstal nie, maar ook deur swak bestuur van interowerheidstoekennings wat met projekte verband hou.

Dit het pas geblyk dat Nasionale Tesourie op 6 November 2023 ‘n bedrag van R 86,5 miljoen vereken het teen ‘n toekenning van R 87,1 miljoen aan die munisipaliteit as strafmaatreël omdat projekte nie binne raamwerktye afgehandel was nie. Dit het die munisipaliteit gelaat met ‘n skamele R18,6 miljoen nadat vertoë om die fondse na ‘n nuwe termyn oor te dra aanvanklik afgekeur was” sê raadslid Van der Merwe verder.

Goeie nuus is egter dat dit wil blyk dat Nasionale Tesourie wel intussen die situasie weer heroorweeg het en ‘n versoek aanvaar het dat Ngwathe die bedrag in drie paaiemente kan terugbetaal.

“Dit hou egter steeds enorme komplikasies vir Ngwathe se kontantvloei in en sal waarskynlik meebring dat die munisipaliteit weereens nie sy
Eskomrekening van R 33,8 miljoen vir November 2023 sal kan betaal nie. Dit sal uiteraard lei tot komplikasies met die skuldverligtingsaansoek.

Die bestuur van Ngwathe se sake word huidiglik geweldig gekortwiek deur die gebrek aan permanent aangestelde bekwame senior bestuurders en ek kan maar net vertrou die situasie sal verbeter waneer die vakante poste hopelik in Januarie 2024 gevul sal kan word” voeg raadslid Van der Merwe by.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button