Swemmers van Parys se Thunder Aquatics swemklub was onder die 427 swemmers wat van 6 tot 10 Desember aan die Vrystaat swemkampioenskappe in Bloemfontein deelgeneem het.
Dregan Brink, MW Supra en Xander Pretorius het ‘n skitterende prestasie behaal met persoonlike beste tye in al hul items waarmee hulle gekwalifiseer het vir Vlak 2 SA-kampioenskap deelname.
Bay-Linn Oelofse het ‘n eerste plek in die 400m vryslag, tweede plek in die 200m vryslag, derde plek in die 800m vryslag , derde plek in die 200m IM , vierde plek in die 50m rugslag ,vierde plek in die 100m rugslag, en vyfde plek in die 100m vryslag behaal. Sy het ook vir SA Junior nasionale kampioenskap deelname gekwalifiseer Cay-Din Oelofse het ‘n eerste plek in die 50m borsslag , 2de plek in die 100m borsslag, 2de plek in die 200m borsslag , 3de plek in die 200m IM , 4de plek in die 400m vryslag , 5de plek in die 50m vlinderslag , 6de plek in die 200m vryslag , 7de plek in die 100m vryslag, en n 7de plek in die 50m vryslag behaal. Hy het vir Vlak 2 SA-kampioenskap deelname gekwalifiseer.



