Local newsNews

Geliefde skaaphond steeds soek na ongeluk

Koevoet was soos n kind in die huis.

Elke dag ry Marlize Rousseau na die ongelukstoneel op die R59 tussen Vredefort en Viljoenskroon waar Koevoet, haar ma se geliefde skaaphond op 21 Januarie weggeraak het, in die hoop dat sy hom iewers langs die pad sal vind.

Die hartseer is groot want vir meer as ‘n week is Koevoet wat soos ‘n kind in die huis was, al weg.

Marlize vertel dat die ongeluk waarin haar ma, die 66-jarige Christa van der Walt, en twee van die vyf skaaphonde wat saam met haar in die bakkie was, beseer is, omstreeks 12:00 die dag sowat 200-300m vanaf die Tava Lingwe lodge gebeur het.

Christa en die honde was na ‘n kuiertjie by Marlize in Germiston, op pad terug na Renovaal in die Viljoenskroon-omgewing toe Christa beheer oor die dubbelkajuitbakkie verloor en dit gerol het.

Koevoet het van die ongelukstoneel weggehardloop.

Christa het ‘n gebreekte ribbe en snywonde in die ongeluk opgedoen, terwyl een van die honde se pelvis in die ongeluk gebreek het.

Koevoet is sowat agt jaar oud. Hy is swart en wit met een bruin en een blou oog.

Daar word vermoed dat hy moontlik nog in die Groot Kop of Tava Lingwe area mag wees. Enigeen wat hom gesien het, of inligting het wat kan help om hom te vind, kan Marlize via WhatsApp kontak by 081 589 3321.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button