Local newsNews

Verstommende resultate met dié blink plan vir ‘n bord kos en skoner strate

Kyk net wat kan gedoen word!

Gedurende Januarie is van Vrystaat Versorging se helpers wat deel is van die koeponstelsel, by die kliniek in Buitenstraat geplaas om op die sypaadjie netjies te maak.

Vir twee weke lank is drie werkers hier geplaas wat onverpoosd geskoffel het, en die resultaat is merkwaardig.

‘n Stelsel wat beslis werk!
Vir twee weke lank is hier baie hard geskoffel op die sypaadjie voor die kliniek. 
Maar wat is VVA Parys se kos koeponstelsel en hoe werk dit?
Werklose mans wat deel is van die koskoeponstelsel meld daagliks om 8.00 by VVA se kantoor aan waar hulle verwys word na van die besighede in die dorp wat deel is van die stelsel en koeponne aangevra het. Die persoon maak dan vanaf 8:00 tot 10:00 skoon voor die besigheid na wie hy verwys is.. Daarna ontvang hy ‘n koepon by die besigheidseienaar wat hy gebruik om sy ete te kry by VVA se sopkombuis. Die etes is beskikbaar tussen 10:00 en 11:00.
 Indien die persoon ‘ n gesin het, maak VVA ‘n afspraak met’ n maatskaplike werker, wat die gesinne evalueer om te kwalifiseer vir gesinspakkies.
 Bejaardes kan daagliks gratis eet.
Dames is ook welkom –  hul help gewoonlik in die kombuis vir daardie tydperk.
Daar word sover moontlik gepoog om dieselfde persoon by een besigheid te plaas om sodoende te verhoed dat daar elke dag, iemand vreemd by ‘n besigheid is om skoon te maak.
 Besighede is welkom om Sanette by VVA te kontak en ‘n donasie van jou keuse te gee vir n maand se etes wat daagliks voorsien word.
So probeer VVA bedelaars van die straat af kry en ook werk skep vir daardie bord kos. Terselfdertyd help dit om strate skoon te hou.
Teen einde 2023 was daar reeds 33 persone met koeponne wat daagliks help skoonmaak het.  Ses en sestig ure se arbeid daagliks om strate en sypaadjies skoon te maak – dit maak verseker ‘n verskil.
VVA moedig weer besigheidseienaars en ook die publiek aan om eerder koeponne te borg as om vir iemand geld in die hand te stop. So is jy verseker iemand in noood kry n bord kos daagliks waarvoor hy werk.
Skakel Sanette by 0793240603, of die VVA kantoor by (056) 811 2971 vir meer inligting oor die koeponstelsel.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button