Local newsNews

Sewentig ton se waterslaai uit Vaal gehaal

AfriForum en ander rolspelers gaan op Saterdag, 3 Februarie, in Vanderbijlpark en Sasolburg weer ’n skoonmaakaksie hou om nóg van hierdie waterslaai te verwyder.

Verskeie organisasie, rekreasieklubs en gemeenskapslede het op 28 Januarie met ’n grootskaalse skoonmaakaksie 70 ton se waterslaai (Pistia stratiotes) uit die Vaalrivier verwyder. Nege trokke vol waterslaai is weggery. Die waterslaai groei al ’n geruime tyd die Vaalrivier toe en hou ’n bedreiging in vir die akwatiese ekostelsel.

Ten spyte van ernstige kommer hieroor wat onder meer in ‘n skrywe deur Save the Vaal Environment (Save) aan die Departemente van Bosbou, Visserye en Omgewingsake , asook die Departement van Water en Sanitasie (DWS) gerig is, is nog steeds geen plan van aksie deur die departemente aangekondig van wat gedoen gaan word om die probleem aan te spreek nie.

Die verspreiding van hierdie indringer is nou alvan só aard dat bote plek-plek nie meer kan deurgaan nie.

Volgens Jaco Grobbelaar, AfriForum se streekshoof vir die sentraalstreek, het die skoonmaakaksie goed verloop, en het die gemeenskap binne vier ure ’n merkwaardige verskil gemaak in die area waar die aksie plaasgevind het.

AfriForum en ander rolspelers gaan op Saterdag, 3 Februarie, in Vanderbijlpark en Sasolburg weer ’n skoonmaakaksie hou om nóg van hierdie waterslaai te verwyder. Spesifieke verwyderingspunte sal geidentifiseer word. Indien vrywilligers met bote bereid is om hul bote in te span en te help met die verwydering sal dit waardeer word. Die aksies behels om die waterslaai na verskeie punte te stoot waar dit dan uitgehaal sal word. .Indien jy betrokke wil raak by die skoonmaak-aksies, skakel gerus vir Jaco Grobbelaar by 066 565 8108 of Laurel Young by 082 883 705.

Saal de Jager’n jarelange inwoner van Parys en lid van die Likkewaan-kanoklub het vroeër aan Gazette gesê dat hy voor Kersfees min van die plante op die rivier gesien het, maar twee weke gelede geskok was oor ‘n totaal ander prentjie toe hy stroomop van die kanoklub geroei het. Dit versprei letterlik oral sê Saal, omdat die plant vegetatief en met saad voortplant. Een van die plante kan tot vyf lote uitstoot wat beteken dat die plante elke drie weke kan vervyfdubbel.

Daar is egter steeds onsekerheid oor waar waterslaai sy oorsprong vandaan het. Die plant is in die grootste deel van die wêreld as aggressiewe indringer verklaar. So ook in Suid-Afrika waar dit die eerste keer in 2021 in die Suikerbosrivier gesien is.

Dit dryf op die water en floreer in stadig vloeiende water.

Vroeër was dit hoofsaaklik hiasintegroei wat ‘n uitdaging vir die Vaalrvier was, maar nou sien jy ewe veel van die hiasinte en die waterslaai op die water. sê Saal. “My grootste vrees is as die waterslaai sou afspoel deur die sluise by die Barrage.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button