Local newsNews

Medelye stroom in na Rand Water hooggeplaaste se skietdood

Niemand is met die skryf van hierdie berig nog vir die voorval in hegtenis geneem nie.

Medelye het gister op sosiale media ingestroom na die skiellike dood van Teboho Joala van Rand Water wat gister, 29 Januarie, gesterf het in ‘n skietvoorval tydens ‘n funksie by Zakariyya Park in Johannesburg waar skooluniforms en skoolskoene as deel van Rand Water se Terug Skool Toe-veldtog oorhandig is.

Nog ‘n persoon is ook in die skietvoorval noodlottig gewond.

‘n Onbekende aantal verdagtes het die oggend tydens die funksie by die gemeenskapsaal ingestorm en skote afgevuur. Hulle het daarna in ‘n wit voertuig van die toneel gevlug.

Nog drie ander mense onder wie Sithembiso Zungu, hoofsweep van die Johannesburgse metroraad is tydens die voorval gewond.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button