Local newsNews

Waterslaai-krisis: Emfuleni moet ook pa staan

Daar moet nou plan gemaak word.

Die Emfuleni-plaaslike munisipaliteit (Evaton, Sebokeng, Vaal Oewer, Vanderbijlpark, Vereeniging) moet ook verantwoordelikheid aanvaar vir die hiasinte en waterslaai wat besig is om die Vaalrivier te oorgroei en toeriste-aktiwiteite drasties te verminder.

 

Die VF Plus waarsku die afgelope jare die munisipaliteit om die storting van rioolvuil in die rivier stop te sit aangesien dit dien as voedingsbron vir hierdie indringerplante.

 

Die oormatige groei van hierdie plante in die Vaalrivier kan lei tot ‘n reeks ekologiese probleme, insluitend die verstikking van ander waterplante en kan die lewensvatbaarheid van ander waterdiere negatief beïnvloed. Dit kan ook waterpompe aan die rivieroewer verstop en skade aan boere se toerusting veroorsaak.

Randwater moet soos Emfuleni ook verantwoordelikheid vir die probleem aanvaar en dringende stappe neem om die rivier skoon te maak, sê die party.

 

Die VF Plus het oewerbewoners bedank vir hul ingryping die afgelope naweek met die uitskep van die plante.

 

“Dit is egter onmoontlik vir inwoners alleen om die kilometers se indringerplante te verwyder. Dringende ingryping van Randwater en Emfuleni is nodig om die probleem aan te pak en op te los,” is gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button