Local newsNews

Pure lekkerte wat Bybels help betaal

As jy twaalf jaffels koop wat 'n heerlike kosblikkie of middaghappie is en boonop baie suksesvol vries, kry jy twee jaffels gratis.

Klokslag elke jaar vroeg in Februarie is dit die stofie-draf agter die jaffelpanne in die NG gemeente Parys-Oos se kerksaal. Vanjaar altesaam 6 000 van die boepensbroodjie lekkerte wat gebak en verpak moet word. Vir die afgelope 20 jaar al help elke vier van hierdie jaffels wat verkoop word, om dit moontlik te maak om steeds ‘n standaard Bybel bekostigbaar te kan verkoop in die handel.

Die groot jaffel bak vind plaas Donderdag 1 Februarie en Vrydag 2 Februarie en kan jy by die gemeente se Eben-Haeser saal die projek gaan ondersteun teen R18 ‘n jaffel. As jy twaalf jaffels koop teen R215, kry jy twee jaffels gratis.


Interessante feite
Om ‘n standaard Bybel te druk kos R255, maar teen ‘n verkoopprys van net R199, beteken dit ‘n verlies van R55 per Bybel vir die Bybelgenootskap. Met die Oos-gemeente se jaarlikse jaffelbak en pretdag projek asook die fietstrap vir Bybels kon daar in totaal oor die afgelope 19 jaar, ‘n bydrae van R2,7 miljoen aan die Bybelgenootskap oorbetaal word – geld wat uitsluitlik gebruik word om die tekort te subidieer sodat die verkoopprys van standaard Bybels nie onbekostigbaar word nie.


Die projek is aanvanklik deur ’n Vanderbijlparkse gemeente begin en het Parys-Oos gehelp, maar het dit oor die jare eie aan Parys geword.Vandag is die Bybel steeds die mees gelese boek ter wêreld. Tog was daar in 2022 steeds 3948 van die 7 359 tale in die wêreld wat nog geen deel van die Bybel op skrif gehad het nie, en net 700 tale met ’n volledige Bybel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button