Local newsNews
Man op ongelukstoneel gearresteer na hy té diep in die bottel kyk
Polisie lê ook beslag op vuurwapen en ammunisie

‘n Nege en twingtigjarige man is vandag, Saterdag 3 Februarie op ‘n ongelukstoneel op die R57 in die rigting van Vanderbijlpark in hegtenis geneem vir die besit van ‘n ongelisensieerde vuurwapen en bestuur onder die invloed van drank.
Polisiewoordvoerder sers Josephine Rani sê lede van die Fezile Dabi Distrik Hoogweg Patrollie was besig met patrollies op die R57 toe hulle op die ongelukstoneel tussen ‘n Golf 5 en ‘n vragmotor afgekom het.
Daar is toe vasgestel dat die bestuurder van die Golf 5 onder die invloed van drank was, het sers. Rani gesê. Die ongelisensieerde vuurwapen en drie rondtes ammunisie is by die man gekry.
Hy is op die ongelukstoneel gearresteer en sal Maandag 5 Februarie voor die Sasolburgse landdroshof verskyn.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.