Local newsNews

Twee vas na inligting oor beplande rooftog

Flink polisie optrede lei tot arrestasie in Parys

Flink optrede van die Fezile Dabi Distrik Trio taakspan het gesorg dat planne vir ‘n gewapende rooftog in Parys Vrydag (2 Februarie) gefnuik is.

Polisiewoordvoerder sers. Josephine Rani het bevestig dat twee verdagtes, 28 en 31 jaar onderskeidelik, Vrydag in Parys se sakekern gearresteer is vir die besit van ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie.

Sers. Rani sê die taakmag lede het inligting opgevolg van ‘n wit Volkswagen Polo wat in die rigting van Parys onderweg was, en ‘n moontlike rooftog wat beplan word.

Danksy strategiese patrollies en vinnige optrede is die verdagtes in ‘n winkel in Parys in hegtenis geneem.

Daar is ook beslag gelê op ‘n wit Volkswagen Polo, die ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie wat by die verdagtes gekry is.

Die twee verdagtes sal Maandag 4 Februarie voor die landdroshof in Parys verskyn.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button