Nie geld vir ‘n Valentyn-bederf – hier’s jou kans
Wikkel want Valentynsdag lê om die draai.

Jou sente al blink gedraai en jou beursie veels te leeg vir ‘n teddiebeer, of iets alte fraai. Hier’s ‘n plan vir die perfekte Valentyns-bederf. ‘n Spesiale boodskap vir jou Valentyn en dit heeltemal gratis!
Gryp jou foon en laat waai want Valentynsdag is om die draai.
En as jy nie ‘n Valentyn het wat jou hart vinniger laat klop – stuur ‘n mooi boodskap vir jou ma, jou vriendin, die hond – maak net seker jy wikkel, tyd is min en dis skrikkeljaar – dit maak mos net sin om gou te spring.

Al wat jy moet doen is om die QR kode hieronder met jou selfoon te skandeer en dan die instruksies te volg. So maklik soos dit.
Alternatiewelik volg die skakel https://forms.gle/kZX9Q2MQFozFf6oQ9
Al die spesiale Valentynsboodskappe wat ontvang word sal geplaas word op ‘n spesiaal ontwerpte Valentyns blad wat jou geliefde aanlyn op Valentynsdag sal kan sien.
Die sluitingsdatums is 11 Februarie om 14:00.