Local newsNews

So het dit by verkiesingsregistrasiepunte in Ngwathe gelyk

Die afgelope naweek was die laaste registrasienaweek wat deur die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) bepaal is.

Suid-Afrikaners wat nie hul adresse op die kiesersrol verander het as hulle sedert die vorige verkiesing verhuis het, sal by die stempunt moet stem waar hulle voorheen geregistreer was as hulle in die komende nasionale- en provinsiale verkiesing wil stem.

Voorheen kon kiesers by enige stempunt in die land vir lede van die parlement, en by enige stempunt in die provinsie waarin hulle geregistreer is, vir lede van die provinsiale wetgewers stem.

Die datum van vanjaar se verkiesing is nog nie bekendgemaak nie.

Die afgelope naweek was die laaste registrasienaweek wat deur die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) bepaal is.

Ao. Jan le Roux van die Parys-polisie met sy besoek aan registrasiepunte Saterdagoggend. Die foto is by die Parys openbare biblioteek geneem.

Jy kan egter steeds seker maak of jy geregistreer is deur jou ID nommer te SMS na 32810. Stemgeregtigdes kan ook self na hul naaste plaaslike OVK-kantoor gaan om te registreer, of van die 24 uur aanlyn portaal gebruik maak om hul besonderhede na te gaan of te registreer.

Meer as ‘n miljoen stemgeregtigde kiesers het die afgelope naweek die meeer as 23 000 registrasielokale landwyd besoek. Hiervan was die meerderheid kiesers tussen die ouderdom van 30 en 39 jaar.

Die tweede grootste groep wat geregistreer of hul besonderhede nagegaan het was tussen 20 en 29 jaar.

By van die registrasiepunte in Parys wat Saterdagoggend vroeg besoek is, was dit betreklik stil, en het twee registrasiepunte in die dorp laat geopen.
Volgens die OVK se syfers het ‘n totaal van 6 580 stemgeregtigde kiesers in die hele Ngwathe die registrasiepunte oor die naweek besoek, waarvan 984 in totaal nuwe registrasies was, en 1811 herregistrasies.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button