Local newsNews

Parys VLU-vroue staan reg met swier vir konferensie

'n Luisterryke oggend waarop die Parys VLU-dames met reg trots kan wees.

Die jaarlikse Vroue Landbou Unie (VLU) konferensie is op 7 Februarie met die gebruiklike swier aangebied, maar vanjaar was dit die Parys VLU-dames wat gasvroue was vir die spog geleentheid wat deur 95 dames bygewoon is.

Boonop het Parys se dames ook weer gewys dat hul talente nie onder die maatemmer versteek is nie, en het Marietjie le Roux vir die tweede agtervolgende jaar gespog as die dame wat die meeste punte met haar kompetisie-artikels kon inpalm.

Regs is gaskunstenaar, Ray Dylan, wat die oggend opgetree het. 

Die gasspreker was joernalis Johannes de Villiers, wat tans by Huisgenoot werk, en ook die aanbieder is van Die Blydskapnavorser op RSG. Hierbenewens het drie boeke oor blyskap en bewustheid uit sy pen verskyn. Hy is betrokke by die Universiteit van die Vrystaat se Departement vir Frans, en bied werkswinkels en kursusse oor bewustheid (mindfulness) en stilwordtegnieke landwyd aan.

‘n Luisterryke oggend waarop die Parys VLU-dames met reg trots kan wees.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button