Local newsNews

Nigeriese burger Maandag in hof na skietdood van sakeman

Nog minstens vyf verdagtes gesoek

N Nigeriese burger sal Maandagoggend 25 Maart in die landdroshof in Parys verskyn op n klag van moord na die skietdood van die 40-jarige Moses Jimoh, n Nigeriese sakeman van Parys. Jimoh het n klere wassery in die dorp bedryf.

Die polisie soek na minstens nog 5 uitlandse burgers wat betrokke was by die koelbloedige moord, Donderdag 21 Maart in Viljoenstraat, Parys.

Die oorledene is op die toneel in die dorp se sakegebied dood nadat drie van die skote hom in die bors en nek getref het.

Die moord het gevolg na vermoedelik n struweling oor n transaksie.

Vier skote is afgevuur waarop die verdagtes in n Mercedes en Hyundai van die toneel gevlug het.

Die verdagte wat reeds gearresteer is, is ook van Parys.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button