Local newsNews

Vyf minute meer vir Comrades langasems

Voorsiening gemaak weens padwerke

Comrades-atlete sal vanjaar 5 minute meer kry om tot by Pinetown te kom weens padwerke by Sherwood. Die toegewing is omdat ‘n opeenhoping van atlete juis weens die padwerke verwag word. Daar word verwag dat die padwerke vir nog ‘n jaar of langer kan duur.

Die Comrades word vanjaar vir die 97ste keer aangebied en sal plaasvind op 9 Junie aangebied. Vir die eerste keer in vyf jaar is dit  ‘n op-wedloop na Pietermaritzburg.

Vir vanjaar se wedloop word die afsnytyd by Umlaas Road ook verander weens padwerke en die roete wat aangepas word.

Atlete het 12 uur om vanjaar 85,91km te voltooi. Dit is die kortste afstand sedert die Comrades in 1921 die eerste keer van Pietermaritzburg na Durban aangebied is.

 

 

Related Articles

Check Also
Close
 
Back to top button