Local newsNews

Musiek van die meesters bekoor by huiskonsert

Maak seker jy mis nie die volgende huiskonsert nie.

‘n Uitstaande huiskonsert aangebied deur die Stefan Louw sangskool met van Stefan se sangstudente, het die afgelope naweek gesorg vir ‘n besondere belewenis van die werke van musiekmeesters soos Mozart, Verdi, Handel, Bellini en Puccini.

Uitstaande solo’s is gelewer deur Walter Bell, Lizette Combrink, Stefan Louw en Werner van Coller.

Lizette Combrink, Walter Bell, Stefan Louw en Werner van Coller se uitsonderlike vertolking van die arias La ci darem la mano – Don Giovanni, Caro mio ben (Tommaso Giordani), Un di felice – La Traviata, Madamina – Don Giovanni, Ombra mai fu – Xerxes, Castra Diva – Norma, O Mimi, tu piu non Torni – La Boheme, en Final Scene from Aida het onder meer bekoor.

Dit was ‘n uitsonderlike uitvoering in ‘n intieme huiskonsert atmosfeer wat aangevul is deur die vertellinge van Stefan oor elkeen van die arias, en ‘n gesellige samesyn om ‘n glasie wyn.

Related Articles

 
Back to top button