Local newsNews

‘Blood drive’ mik vir veertig eenhede bloed

Kom ondersteun Vrydag die Du Toit, Butler & Olckers Blood Drive in Parys

Elke 35 sekondes vind daar ‘n bloedoortapping in Suid-Afrika plaas. Daarom is die behoefte aan bloed deurlopend, en het die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBD) daagliks minstens 3 500 eenhede bloed nodig om aan hospitale te skenk.

Dit is waarom die bloeddiens jou ondersteuning nodig het by die Du Toit, Butler & Olckers Blood Drive hierdie Vrydag, 19 April van 10:00 tot 16:00 by die Malan-gebou in Breëstraat, Parys.

Die doelwit is om 40 eenhede bloed in te samel.

‘n Beroep word veral op die jeug, nuwe skenkers en skenkers wat lank laas bloed geskenk het, gedoen om die dag te ondersteun.
Onthou om bloed te skenk moet jy tussen 16 en 75 jaar oud wees, meer as 50 kg weeg, ‘n veilige leefstyl lei, en gesond wees op die dag van jou skenking

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button