Local newsNews

Bejaarde vrou deur tuinhulp aangeval

GPF waarsku teen drastiese toename in huisbrake

‘n Bejaarde vrou (83) is Dinsdagoggend in haar huis in Parys deur ‘n tuinhulp aangeval en beroof.

Polisiewoordvoerder, kapt. Lorraine Earle sê die vrou het die man die oggend in haar erf ingelaat om vir hom werk te gee. Sy het haarself in die huis toegesluit tewyl hy in die tuin gewerk het.

Omstreeks 10:00 het die man vir toiletpapier gevra, en het sy oopgesluit om dit vir hom te gee.

Die man het haar toe oorval en aangerand. Sy is nie ernstig beseer nie.
Hy het te voet met geld en die slagoffer se selfoon gevlug.

Hy is klein van postuur en het ‘n bruin baadjie en langbroek met netjiese skoene gedra.

Enigeen met inligting wat die polisie kan help in hul ondersoek, word gevra om die speurhoof, kapt. Gert Bruwer by 082 466 8090, of die Stop Misdaadnommer by 08600 10111 te skakel.

In nog ‘n voorval Maandag in die vroeë oggendure is ‘n verdagte noodlottig gewond, en soek die polisie na minstens nog twaalf swaargewapende mans wat by ‘n voorval betrokke was waarin ‘n OTM in die Tumahole-woonbuurt met springstof geskiet is.

Lede van die Tumahole polisiestasie het hulle na die h/v Koloane en Tumaholestrate gehaas nadat hulle om 02:00 die oggend die oproep ontvang het. Volgens polisiewoordvoerder sers. Mahlomola Kareli, het die verdagtes met die polisie se aankoms op die toneel met geweervuur op die polisielede losgebrand.

In die oor-en-weer skietery wat gevolg het, is een van die verdagtes noodlottig gewond. Die verdagtes het ook verskeie skote op ‘n sekuriteitsvoertuig geskiet wat na die toneel gestuur is nadat die maatskappy se beheerkamer ‘n alarm vanaf die perseel ontvang het.

Sewe van die skote het die voertuig getref, en het dit die sekuriteitswag in die motor rakelings gemis. Sers. Kareli het bevestig dat ‘n omstander ook tydens die skietery gewond is. Die verdagtes is te voet weg met die geld wat hulle gesteel het.Klagtes van poging tot moord en moord is by die Tumahole-polisiestasie aanhanging gemaak, is gesê.
Inligting wat die polisie kan help kan deurgegee word aan die ondersoekbeampte van die Provinsiale Georganiseerde Misdaadeenheid, speur-sers. Malefane Motloung by 073 380 4603, of skakel 08600 10111. Anonieme wenke wat kan help met die ondersoek kan ook op die MySaps-toepassing deurgegee word.

Die Parys Gemeenskap Polisiëring Forum het Woensdag inwoners gewaarsku dat daar ‘n skielike drastiese toename in huisbrake in Parys dorpsgebied is

Mense moet op die uitkyk wees vir boosdoeners wat of oor skeidingsmure van erwe spring, of deur oop motorhekke ‘n erf binnegaan, en dan die voordeure van eiendom oopbreek en die eiendom betree.

Veral televisies en elektroniese ware word gesteel.

Misdadigers maak ook geen onderskeid tussen of inwoners by die huis is of nie. Aktiveer jou alarm as jy nie tuis is nie, maar ook saans, en rapporteer enige verdagte voertuie of beweging in jou omgewing onmiddellik aan die polisie of sekuriteitsmaatskappye.

Related Articles

 
Back to top button