Local newsNews

Al die moeite om mooi te maak…nou word die slotte gesteel

Help dat ons hierdie vandale en misdadigers wat hier bedrywig is kan vastrek

Nadat daar soveel moeite, tyd en geld verlede jaar spandeer is om een van Parys se grootste toerismejuwele, die staal hangbrug oor die Vaalrivier weer netjies te maak en nodige herstelwerk hier te doen, asook om die omgewing  te verfraai, kan misdadigers en vandale maar net nie hul hande tuis hou nie.

Diewe knip die draad van die Mur de Souveniers wat spesiaal langs die hangbrug opgesit is sodat besoekers hier hul slotte kon hang om ‘n besoek aan die brug ekstra spesiaal te maak.

Die foto wys hoe die draad by die Mur de Souveniers geknip is om die slotte te steel.

Vroeër het mense hul slotte aan die brug self gehang maar het die gewig van die slotte ernome probleme en skade aan die brug veroorsaak. Juis daarom moes al die slotte verwyder word toe begin is met die herstelwerk van die draadwerk weerskante van die brug se loopvlak wat so erg verweer was dat dit ‘n veiligheidsrisiko geword het vir die talle besoekers wat naweek vir naweek oor die brug stap.

Die vermoede is dat die slotte wat nou van die Mur de Souveniers gesteel word aan skroothandelaars verkoop word. As jy enige verdagte beweging of aktiwiteit hier by die hangbrug sou sien, meld dit asseblief by die polisiestasie of sekuriteitsmaatskappye aan sodat die skuldiges vasgetrek kan word.

 

Related Articles

 
Back to top button