Local newsNews

Nuus in ‘n piering hou kliënte aan die lees

'n Dorp se eie koerant is 'n voorreg wat bitter min dorpe deesdae beskore is.

Sommige bêre dit vir weke nadat die week se nuus gelees is. Ander gebruik hul ou koerante om ‘n venster bllink te vryf, vir ‘n kunsprojek of selfs onder in die budgie-hok.

Maar by Plum Tree word daar vir jare al ‘n vindingryke herwinningsplan gemaak met ou koerante.

Week na week sal jy op elke tafel in dié restaurant die Parys Gazette sien lê vir besoekers om te lees wanneer hulle naweke op die dorp toesak.

Die dorp se eie koerant – ‘n voorreg wat bitter min dorpe deesdae beskore is.

Net voordat die nuwe week se Gazette hier afgegee word, word al die vorige week se koerante op die tafels bymekaar gemaak en haal Gertrude Mbene haar skêr uit.

Sorgvuldig word die sirkelpatroon op die koerantpapier afgetrek en uitgesny om op die pierings onder elke koppie te sit wat vir kliënte bedien word.

Mense is mal hieroor, gesels Sandra Uys, wat met die blink plan vorendag gekom het. Sy sê kliënte lees graag die koerant, en oor die jare het dié vindingryke plan al gesorg vir vele komplimente.

Parys Gazette is immers so ‘n deel van die dorp soos sy breë strate, leivore en winkeltjies soos kleurvolle krale ingeryg langs die dorp se hoofstraat. ‘n Koerant wat oor jare net bly groei het van die dae toe elke berig en advertensie nog met was opgelyn was, en koerantblaaie met die hand gevou en ingevoeg is, tot waar dit vandag deel is van die Caxton-stal en week na week op die rolpers gedruk word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button