Local newsNewsSchool

En toe doen hulle dit weer!

Nou wag Valke-finaal vir Parys se o.13-spanne

Primêre skool Parys se o.13 A en o.13 B-rugbyspanne het Woensdag 22 Mei, deurgedring na die Valke-finaal wat Donderdag 30 Mei op Dr Malan se velde in Meyerton gespeel word.

Die o.13A’s sal teen Wilgerivier van Frankfort kragte meet, terwyl die o.13B’s teen Emfulenipark van Vanderbijlpark te staan sal kom.

Met Woensdag se semi-finaal het die o.13B’s hul wedstryd gewen met 24-17, terwyl die o.13A’s geseëvier het met ‘n wentelling van 10-0.

Woensdag se puntemakers by die o.13A’s was Ashton Kleynhans wat ‘n strafskop oorgeskop het, en ‘n straf-drie is in Parys se guns toegeken.

Die o.13B’s se punte is aangeteken deur Gerrit Prinsloo, Willie Barnard, Stefan Erasmus en Regardt Thirion terwyl Willie ook twee stelskoppe oorgesit het

Op die foto hierbo en onder is die o.13B en o.13A-rugbyspanne van die Primêre Skool Parys. 

Parys se o.10’s het ongelukkig Dinsdag in die semi-finaal teen Eligwa die knie moes buig met ‘n telling van 17-10.

Die foto’s hieronder gee ‘n kykie na Parys se o.13A’s se laaste tuiswedstryd verlede week waar hulle ook vir Midvaal ‘n behoorlike loesing gegee met ‘n telling van 26-12. Hanno Rust, Zuan van Riet (twee drieë), Daniël van Dyk en Ashton Kleynhans was toe die tuisspan se puntemakers.

Agter hierdie wenspanne is ‘n gedugte ondersteunerspan, en het die ‘Mom’s Squad’ met wawiele en pom-poms die o.13A’s sterkte toegewens.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button