
Hoërskool Parys se tweede span is vanmiddag, Donderdag 13 Junie gekroon as ligawenners na hul wedstryd teen Benoni op Hoërskool Belvedere se velde. Baie geluk aan hierdie span en hul afrigters. Die wentelling was 20-15.
Die tweede span se wen kom nadat Primêre skool Parys se o.13A-rugbypan ook vroeër gekroon is as kampioene in die Valke Sedibeng Super-liga.
Nou hou Parys duim vas vir Hoërskool Parys se eerste span, die o.15’s en 0.16’s wat volgende kwartaal in die finaal van die Valke afdeling 4-liga speel.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



