
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Vanjaar se Aardklop-program spog met ‘n wye verskeidenheid vir feesgangers van alle ouderdomme en belangstellings. Die fees word vanjaar van 24 tot 29 September in Potchefstroom gehou.
Kaartjieverkope het reeds Maandag 17 Junie landwyd oopgemaak en kan feesgangers gaan na www.ticketpro.co.za.
Die volledige feesgids is op www.aardklop.co.za
Vanjaar kan onder meer uitgesien word na die Kanna-bekroonde “Die Stoele” met Antoinette Kellermann en Chris van Niekerk.
Kunstenaars soos Amanda Strydom, Refentse, en Nataniël met sy nuwe komposisie, “Mass for the Good Princes”, is onder andere op die musiekspyskaart.
Daar is ook heelwat vir jonger kykers om te sien en te geniet met van “Liewe Heksie vang vis” tot die Aardklop Pronk Podium.
Verskeie stalletjies, kos, en musiek sal ook bydra tot n heerlike Aardklop ervaring.