VS en NW ruiters wys hul slag by kwalifiserende kampioenskappe
Dié kampioenskappe was die laaste kwalifiserende kampioenskappe vir die kies van die provinsiale spanne

Noordwes en Vrystaat ruiters het aan die derde en vierde Sanesa en Reining & Western Performance Horse South Africa kwalifiserende kampioenskappe by De Camarillos deelgeneem vir die kies van die provinsiale spanne vir die nasionale kragmeting.
Ciska van der Schoor behaal vir Q3 Level 1 Prepatory eerste plekke in die Working Equitation, Ranch Riding en Ranchmanship klasse. Estienne Bruwer behaal vir Q3 High School Level 1 eerste plekke in die Ranch Riding en Ranchmanship klasse, en vir Q4 Level 1 eerste plekke vir Ranch Riding en Ranchmanship.
Martie Bezuidenhout behaal vir Q3 Level 3 ‘n eerste plek vir Ranchmanship, en ‘n eerste plek vir Working Equitation, en vir Q4 Level 3 ‘n eerste plek vir Ranchmanship en Ranch Riding, asook ‘n tweede plek vir Working Equitation.
Blake Vosloo behaal vir Q3 Level 3 tweede plekke vir Ranchmanship, Ranch Riding en Working Equitation, en vir Q4 Level 3 ‘n derde plek vir Ranch Riding, en ‘n eerste plek vir Working Equitation.
Bridget Vosloo behaal vir Q3 Level 3 ‘n derde plek vir Ranchmanship, ‘n eerste plek vir Ranch Riding, en ‘n derde plek vir Working Equitation. By Q4 Level 3 behaal sy ‘n tweede plek vir Ranchmanship en Ranch Riding, en ‘n derde plek vir Working Equitation. Ernie Vosloo was eerste in die Ranch Riding en Working Equitation klasse vir Q3 Level 2, en eerste in Ranch Riding en Working Equitation Q4 Level 2.