Local newsNews

Onwettige storting ‘n skande!

Hoekom dan mors op 'n ander man se drumpel?

Die skandelike en onwettige storting van bourommel en huis- en tuinvullis op oop persele, parke, in die dorp se nywerheidsgebied en langs die rivieroewer is besig om hand uit te ruk, kla inwoners van Parys.Die afgelope weke was daar weer verskeie klagtes van tuinvullis en bourommel wat in Oranjestraat en langs die rivieroewer in Grewarlaan afgelaai is.

Die hartseer is dat daar diensverskaffers in die dorp is wat teen minimale fooi vragte wegry en jy eerder in hierdie moeilike ekonomiese tye kan ondersteun, eerder as om die omgewing vir ander te ontsier met dié onderdeurdagte en selfsugtige storting van vullis

Daar word hard gewerk om die dorp skoon te hou vir sy inwoners en ook veral besoekers oor naweke. MooiParys se Paul Noomé, Abel, Johannes en John het juis voorverlede week onder meer die terrein op die h/v Grens- en Breëstraat skoongemaak danksy die geldelike ondersteuning van Andy en met die hulp van Phillip Gerecke wat gehelp het met die wegry van die takke.

Kyk volgende keer hoe netjies word die sypaadjie se gras en oop erwe langs Parys se hoofstraat gehou. Hoe hard gewerk word om parke netjies te kry deur MooiParys en ander instansies en individue wat op eie stoom hul strate en sypaadjies onderhou.

Hoekom dan mors op ‘n ander man se drumpel?

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button