Local newsNews
Vyf geslagte saam vir doop
Die doopplegtigheid waartydens Karli en HC gedoop is, was Sondag, 9 Junie vanuit die NG gemeente Parys-Oos.

Min families het die voorreg om vyf geslagte bymekaar te hê vir ‘n doopfoto, maar die 2-jarige Karli Jansen van Rensburg en haar boetie, HC, spog met so ‘n besonderse doopfoto.
Die doopplegtigheid waartydens Karli en HC gedoop is, was Sondag, 9 Junie vanuit die NG gemeente Parys-Oos. Die diens is waargeneem deur ds. Ian Jonker. Groot-groot ouma Heila Botha (91), groot-ouma Christa Olivier (72) en ouma Retha de Vos (50), het die geleentheid bygewoon.

Groot-groot ouma Heila het ook drie ander seuntjies wat haar vyfde geslag verteenwoordig. Sy is van Najaarsrus. Die Jansen van Rensburg gesin, asook ouma Retha de Vos en grootouma Christa Olivier is ook almal van Parys.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.