Local newsNews

Groot trots vir Parys by SA Junior Wêreld muurbalkampioenskappe

Baie geluk aan Bianke, Dené en Chanté

Parysenaar Bianke Pienaar vertrek Sondag 7 Julie saam met haar SA-spanmaats na Texas vir die World Squash Federation (WSF) Men’s and Women’s World Junior Championships wat in Houston, Texas, gehou word. Ses van die land se top dogters muurbalspelers, en ses seuns, is ingesluit in die Protea Junior-span wat hul land van 12 tot 24 Julie by die kampioenskappe in spanverband, maar ook individueel sal verteenwoordig. Daar is selfs nog ‘n groter eer vir Parys met twee oud-Parysenaars, Dené van Zyl en Chanté Leppan, wat naas Bianke ook deel is van die dogters Protea-span. Dené is die kleindogter van Lucien en Verona van Zyl, en dr Piet en Marilyn Swartz. Dené woon tans in Somerset-Wes.

Dené en Chanté

Chanté, ook ‘n kleindogter van dr Piet en Marilyn Swartz, is van Pretoria. ‘n Groot trots vir hierdie oupas en oumas van Parys!
Bianke, Dené en Chanté het van kleins af saam muurbal gespeel.

Bianke en Chanté het ook die voorreg gehad om die naweek saam met van die land se mees bekroonde muurbalspelers, die splinternuwe wêreldklas glasmuurbalbaan in Irene, Pretoria, amptelik in gebruik te kon neem.

JP Brits (2019 SA-kampioen), Alexa Pienaar (die huidige nr 1-vrouespeler in Suid-Afrika), en Jonty Matthys (huidige nr 5-mansspeler in Suid-Afrika) het by die geleentheid teen van die SA junior muurbalspelers gespeel wat in Texas op die muurbalbaan in aksie sal wees.

Bianke is ‘n oudleerder van Primêre skool Parys en tans ‘n matriekleerder van Potchefstroom Gimnasium. Sy is lid van beide die Potchefstroomse en Parys-muurbalklubs, en het op 6-jarige ouderdom begin muurbal speel.

Bianke Pienaar in haar Protea-kleure

Op 9-jarige ouderdom het sy haar eerste toernooi gespeel en is ingesluit in die Vrystaat-muurbalspan om ook aan haar eerste interprovinsiale Junior muurbaltoernooi deel te neem.

Bianke is dankbaar vir die gemeenskap van Parys wat haar ondersteun het om haar deelname in Texas moontlik te maak.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button