Local newsNews

SA Skole-rugbyspan eer vir AJ

Trotse prestasie vir dié oudskolier van Parys

AJ Meyer is in die Suid-Afrikaanse o18 Skolerugbyspan ingesluit wat in Augustus vanjaar in ‘n internasionale reeks teen die spanne van Engeland, Frankryk, Ierland en Georgië te staan sal kom. Die wedstryde vir die reeks vind plaas in die Wes-Kaap.

AJ het verlede week met die o18-Cravenweek-toernooi in Krugersdorp vir die Cheetahs gespeel. SA Rugby het na afloop van die week die Suid-Afrikaanse Skolespan en ‘n Suid-Afrikaanse Skole A-span aangewys.

Die spanne speel Donderdag, 4 Julie teen mekaar op Hoërskool Monument se Ras van Rooyen-veld.

AJ is ‘n Graad 11-leerder aan Grey College in Bloemfontein, en was ‘n oudleerder van Primêre skool Parys. Dit is hier waar dié talentvolle jongman se grondslag op die rugbyveld gelê is.

AJ volg in die voetspore van sy ouer broer Lukas wat vir die Bulle Junior-span speel.
AJ is die seun van Lukas en Nicolien Meyer van Parys.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button