Die Parysenaars wat deel was van die o.13 Sasolburg Raptor-span was Wian Pretorius, WC Stemmet, Luan Viljoen, Zuan van Riet, Daniël van Dyk, Janru Craucamp, PC Steyn, Ethan Benson, Ashton Kleynhans en Zuhan Siecker.
Primêre skool Parys se rugbyspelers het behoorlik geskitter by die Rhino streek toernooi waar tien van dié skool se o.13 A-rugbyspan spelers wat vroeër hul liga gewen het, uitgedraf het vir die Sasolburg Raptor-span wat as naaswenners in die toernooi bekroon is.
Die Parysenaars wat deel was van die o.13 Sasolburg Raptor-span was Wian Pretorius, WC Stemmet, Luan Viljoen, Zuan van Riet, Daniël van Dyk, Janru Craucamp, PC Steyn, Ethan Benson, Ashton Kleynhans en Zuhan Siecker.
Nog vier Parysenaars, Danté Bothma, Wolter Cilliers, Sebastiaan Claassen en Francois du Toit, is ingesluit in die o.12 Raptor-span.
Die toernooi is van 3 tot 6 Julie gehou.Proewe vir die Rhino-toernooi het in Mei plaasgevind. Die Raptor-spanne was saamgestel uit spelers van Sasolburg, Vaalpark en Parys.
Na afloop van die toernooi is Parys se PC Steyn en Zuhan Siecker ingesluit in die toerspan wat in Desember in Italië gaan toer. ‘n Groot prestasie vir dié twee Parys-spelers.
Die Parysenaars wat deel was van die o.13 Sasolburg Raptor-span was Wian Pretorius, WC Stemmet, Luan Viljoen, Zuan van Riet, Daniël van Dyk, Janru Craucamp, PC Steyn, Ethan Benson, Ashton Kleynhans en Zuhan Siecker.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.