Local newsNews

Die storie van koerante by VLU-kuier vertel

Die VLU vroue kom weer op 6 Augutus bymekaar

Die plaaslike Vroue Landbou Unie (VLU) tak het met hul byeenkoms op 2 Julie gesels oor die ontstaan van koerante. Prof. Dawid Gericke van Die Kultuurkamer was die spreker, en het vertel van die rol wat koerante oor jare in die samelewing vervul, en die invloed van tegnologie op die gedrukte media.

Kobie Pretorius bedank David Gericke wat die spreker by die byeenkoms was.

Area 1 voorsitter Hanri Cilliers het ‘n draai kom maak, en daar is die oggend heerlik saamgekuier.

Bernadet van der Ende (Parys VLU voorsitter) saam met Hanri Cilliers (Area 1 voorsitter).

Die VLU vroue kom weer op 6 Augutus bymekaar. Jy hoef nie lid van die VLU te wees om die byeenkoms by te woon nie.

Interessante sprekers en demonstrasies is deel van die VLU se maandelikse byeenkomste, en jy sal beslis ‘n oggend saam met dié groep inspirerende vroue geniet.

As jy wil bywoon of navrae het oor die VLU, gesels met Annatjie Dreyer by 082 464 0204, of met Bernadet van der Ende by 082 474 0304.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button