Local newsNews

Duisende hektaar brand in Potchefstroom/Ventersdorp-distrik

‘n Totaal van sowat 5 000 hektaar het Sondag gebrand met vyf brande wat in die Potchefstroom-distrik gewoed het Dr. Kobus Roux, algemene bestuurder van die Noordwes Sambreel Brandbeskermingsvereniging sê die grootste brand het in die omgewing van die Rietspruitdam by Ventersdorp rondom 08:00 die oggend begin. Die brand kon eers teen ongeveer 18:30 onder …

‘n Totaal van sowat 5 000 hektaar het Sondag gebrand met vyf brande wat in die Potchefstroom-distrik gewoed het

Dr. Kobus Roux, algemene bestuurder van die Noordwes Sambreel Brandbeskermingsvereniging sê die grootste brand het in die omgewing van die Rietspruitdam by Ventersdorp rondom 08:00 die oggend begin.

Die brand kon eers teen ongeveer 18:30 onder beheer gebring word, maar het plek-plek deur die nag weer opgevlam Terselfdertyd het kleiner brande ook in die distrik gewoed.

Windspoed is Sondag teen tussen 25 en 35 km/h gemeet met rukwinde van tot 80km/h laat Sondagmiddag.

Roux sê sowat 100 voertuie het gehelp met die brand by Ventersdorp, en is hulp verleen deur die Working on Fire helikopter, ‘n private vliegtuig van Castello, die Ventersdorpse en Potchefstroomse Brandbeskermingsverenigings, die JB Marks Brandweerdiens, Working on Fire span en die Polisie se Berede Akademie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button