Local newsNews

‘Ek lei skade oor dwelmsmouse’

Besigheid is stil, vertel hy, en wys mismoedig na sy deurgetrapte skoene.

Vroeër jare het kinders opgewonde nader gehardloop wanneer roomysverkoper Patrick Mmeko flink sy fiets getrap het in die strate van Parys. Maar nie meer nie.

Besigheid is stil, vertel hy, en wys mismoedig na sy deurgetrapte skoene.

Patrick Mmeko op sy fiets waar hy die strate van Parys plat trap om roomys te verkoop.

Die 41-jarige Patrick meen dat dit die dwelmsmouse se skuld is. Hy vertel hartseer dat mense roomysverkopers nie meer vertrou nie – “hulle glo dat hulle dwelms aan die kinders sal gee,” sê hy.
Vir die afgelope 23 jaar is roomys-verkoop dit wat hy ken. Naweke is die lekkerste, vertel hy, want dan is daar baie mense wat piekniek hou en braai. Dan lyk besigheid beter, en moet hy dikwels nog voorraad gaan kry.

Hy koop sy roomys in grootmaat beduie hy.

Al is tye selfs vir hom taai, glimlag hy breed vir ‘n foto voordat hy weer sy fiets verder trap om ‘n inkomste vir die dag met sy roomyse te verdien.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button