Local newsNews
Bykans R2m se verlies en koste weens brande
In winderige toestande kan 'n brand wat weens nalagtigheid veroorsaak word groot skade en verliese vir boere veroorsaak
Sedert die begin van die brandseisoen op 1 Junie, was daar reeds 31 brande
net op plase in die Parys en Sasolburg distrikte by die Vaal Eden Brandvereniging aangemeld.
Agt en veertig plaasgedeeltes is deur die brande geaffekteer met ‘n totaal van 1 371 hektaar wat in die brande verwoes is. Die skade hiervan, wanneer alle koste en verliese ingereken is, beloop bykans R2m.
Die brande is in meeste gevalle deur naligtigheid veroorsaak.