Lang wag amper verby: Net 6 dae oor vir stemme
Parys se besighede het jou stem nodig!

Van vandag af is daar nog net 6 dae oor vir lesers om te stem in die Best of Parys kompetisie waarmee erkenning gegee word vir besighede in Parys wat uitstaan as dit kom by kliëntediens en tevredenheid. Teen Vrydag was reeds meer as 100 000 stemme getel vir die kompetisie.
Stemlyne sluit 23 Augustus
Onthou dat jy daagliks kan stem vir die besighede wat genomineer is in die onderskeie kategorieë.
Dit is ‘n aanlyn kompetisie en jou stem tel slegs as jy die aanlyn stemvorm invul.
- Jy kan in meer as een kategorie stem vir die besighede van jou keuse.
- Jy kan egter net vir een onderneming in elke sub-kategorie stem.
- Al het jy reeds gestem kan jy aanhou om daagliks te stem.
Om te stem is so maklik soos om die aanlyn-skakels vir die onderskeie kategorieë te volg wat jou direk na die stemvorm neem, of deur die QR-kode te skandeer wat hieronder gegee word en jou neem na die onderskeie afdelings waar jy kan gaan stem.

Hier is die onderskeie skakels na die hoofblad en die kategorieë sou jy verkies om eerder die skakels te volg of dit met kliënte/lesers wil deel:
Hoofblad
https://www.citizen.co.za/parys-gazette/best-of-parys-voting/
Kategorieë
https://www.citizen.co.za/parys-gazette/eat-drink/
https://www.citizen.co.za/parys-gazette/health-beauty/
https://www.citizen.co.za/parys-gazette/automotive/
https://www.citizen.co.za/parys-gazette/retail/
https://www.citizen.co.za/parys-gazette/hospitality/
https://www.citizen.co.za/parys-gazette/services/
https://www.citizen.co.za/parys-gazette/home-improvements/
Dankie aan elkeen van ons lesers en adverteerders wat die projek ondersteun om ook so erkenning te gee aan ons plaaslike sakeondernemings wat staatmaak op JOU ondersteuning.
ONS IS TROTS PARYS!!!




