Hoërskool Parys se o.16-rugbyspan het Saterdag die span van Hoërskool Bekker ore aangesit in die finaal vir vanjaar se Noordvaal-beker, toe hulle as wenners Saterdag die trofee omhoog kon hou na ‘n wentelling van 32-14.
Dié Parys-span het verlede jaar as 0.15’s ook die Noordvaal-beker gewen.
Die span word afgerig deur Wian Viljoen, bygestaan deur Ruan de Milander en Henning Pretorius.
‘n Trotse prestasie vir Hoërskool Parys.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



