Local newsNews

Vrou red gesin se lewe met Facebook-boodskap

Retha het na die aanval mense bedank wat haar en haar gesin so gou te hulp gesnel het.

Die Fitchat-gesin van Vanderbijlpark se lewens is waarskynlik gered danksy ‘n Facebook-boodskap.

Retha Fitchat, oudredakteur van Vaalweekblad, haar man en seun is Vrydag in hul huis in SE2, Vanderbijlpark, deur drie mans aangeval en beroof. Tydens die aanval kon Retha daarin slaag om op haar werk se skootrekenaar ‘n noodboodskap vanaf haar skootrekenaar op Vaalweekblad se Facebookblad te plaas. Op daardie stadium het die aanvallers reeds haar selfoon gehad en kon sy nie bel vir hulp nie

Mense het dadelik op Retha se noodroep om hulp gereageer en hulp ontbied.

Retha se seun, Barry is in die intensiewe sorgeenheid van die Emfuleni Mediclinic opgeneem Hy is met ‘n breekyster teen die agterkop geslaan en het ook ander minder ernstige besering aan sy gesig en lyf.

Barry Fitchat

Retha se man se hande is beseer en hy het kneus- en skraapplekke, terwyl Retha genadiglik net ‘n groot bloukol aan haar arm het, maar andersins ongedeerd is.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button