Local newsNews

Leer Tswana praat

Vandag is dit noodsaaklik dat jy jouself bemagtig deur een van Suid-Afrika se inheemse tale te leer.

Tswana is seker die inheemse taal wat oor die grootste geografiese gebied in suidelike Afrika gepraat word. Hierby is Botswana, die hele Noordwes, groot dele van die Vrystaat, en die Noordkaap ingesluit, asook dele van Limpopo en Gauteng. In groot stede soos Pretoria, Johannesburg, Bloemfontein, Kimberley en ook in die Vaaldriehoek is daar groot getalle Tswana-sprekers.

Tswana saam met Sesotho (Suid-Sotho) en Sepedi (Noord-Sotho) vorm die Sotho-taalgroep wat in Suid-Afrika gepraat word. Deur Tswana te leer, kry jy toegang tot al drie die Sotho-tale. en sal jy gemaklik met die Batswana, Basotho en Bapedi kan kommunikeer.
Dink net hoe lekker dit sal wees as jy in verskillende situatsies in Tswana kan begin kommunikeer! Jy dwing nie net onmiddellik respek af nie, maar dit bevorder ook interpersoonlike verhoudings wat hedendaags onontbeerlik is.

Vandag is dit noodsaaklik dat jy jouself bemagtig deur een van Suid-Afrika se inheemse tale te leer. Nelson Mandela het gesê: As jy met iemand in ‘n taal praat wat hy verstaan, verstaan hy dit met sy verstand. As jy met iemand in hul moedertaal praat, verstaan hy dit met sy hart.”

‘n Tswana-kursus vir beginners waarvoor jy geen vorige kennis van Tswana nodig het nie word op die volgende datums in Parys aangebied:
18 en 25 September
2, 9, 16, 23 en 30 Oktober
6, 13 en 20 November

Die kursus word by die NG Kerk Parys-Wes, Korstraat 12, aangebied, en die kursustye op dié datums is van 10:30-12:30. Met die klasse word baie klem gelê op luister- en praatvaardighede. Dit behels die inoefening van frases, gesamentlik asook individueel. Interaktiewe deelname in die klas is belangrik.

Die taalkunde wat gedoen word, maak dit vir jou moontlik om jou eie sinne te skep. Daar word nie toetse of eksamen geskryf nie, maar selfwerk-opdragte (huiswerk) word gegee.

Elke kursusganger ontvang ‘n studiehandleiding en klankbaan om na te luister om jou luistervaardighede en uitspraak te oefen.
Dit is ‘n intensiewe en omvattende kursus, en om die maksimum voordeel daaruit te kry, moet kursusgangers bereid wees om self hard te werk. Vir elke uur klastyd moet jy minstens twee ure selfstandig insit om die taal baas te raak. Belangrikste is om dit wat jy leer dadelik te oefen, en ‘n punt daarvan te maak om die taal te praat.

Na die 20 uur kursus (‘n twee uur lange les per week vir 10 agtereenvolgende weke) sal jy in staat wees om op ‘n elementêre vlak in alledaagse situasies te kan begin praat – daar waar jy elke dag met die Batswana (Tswana-sprekende mense) in aanraking kom. Jy sal ook ‘n sertifikaat ontvang vir die voltooiing van die beginnerskursus.

As jy meer wil weet oor die kursus en koste skakel die kususaanbieder, Marello Hanekom by 081 306 7862 of 071 745 9047, of  stuur e-pos na mhanekom@webmail.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button