Local newsNews

Baie onthou Burger Box gunstelinge

Wat ookal jou gunsteling was - een ding is seker - oor die jare was dié padkafee gewild nie net vir sy lekker kos nie maar die herinneringe wat hier gemaak is. 

Of dit pizzas, hamburgers of melkskommels was – vir Parysenaars, soos baie Vaaldriehoekers was die Burger Box Roadhouse in Vereeniging oor baie jare ‘n groot gunsteling.

Die gewilde padkafee het  sy deure na 64 jaar gesluit.

Vra jy wat mense se gunstelinge op die spyskaart was, is dit duidelik dat die ‘Blondie Burger’ een van die gewildste keuses was.

Maar die gunstelinge was te veel om te noem, skryf ‘n leser. Van die Dagwood, tot die lekkerste vis, kaasburgers en die Hamburger Deluxe.

Elize Truter skryf hulle het vir jare die Burger Box se kos geëet – veral hul pizzas en hamburgers met lekker uieringe en aartappelwiggies. “My hart is seer oor hul nou gesluit is.”

Vir Nicolene Hallaby was die Koffie melkskommel beter as die beste,

James Barkley onthou die Burger Box vir “Double Dekker late at night after the jol, 79, 80s, 90s – our young and restless years.”

En dan was daar  die Mix grill en die Toffee Caramel melkskommel, die lemmetjie mellkskommels, en heerlike Eisbein chips en slaai vertel Estelle Stander-Steenkamp.

Herman Groenewald onthou  die ontbyt wat hulle altyd daar geëet het as hy teruggery het van Heilbron na Pretoria.

En moenie vergeet van die hoender met slaai.

Wat ookal jou gunsteling was – een ding is seker – oor die jare was dié padkafee gewild nie net vir sy lekker kos nie maar die herinneringe wat hier gemaak is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button