Welkom graad 1’s, tot siens matrieks
'n Groot dag vir voornemende graad 1 en matriekouers in Parys.

Vir ouers van graad 1 leerlinge wat in 2025 hul skoolloopbaan aan die Primêre skool Parys begin was dit vandag ‘n groot dag met die groentjies wat vandag gaan kyk het hoe hul graad 1 klasse vir volgende jaar lyk en so bietjie saam met hul graad 1 juffrouens in die klaskamer gewerk het.

Die tweeling Miko en Kian van Rooyen saam met juffrou Corlé.




Maar net oorkant die pad by Hoërskool Parys was dit vandag die laaste keer dat matrikulante by die skool was voor hul eindeksamen en is daar teruggekyk na ‘n skoolloopbaan van 12 jaar wat nou op sy einde staan.
Matrieks begin landwyd Maandag met hul eindeksamen.
Vandag was die oomblik groot vir die matrieks met ‘n spesiale diens en klokseremonie waarna daar hemde geteken.



Ons wens al ons matrikulante voorspoed toe met die eindeksamen.



