Diewe het hul oë op lugversorgers – wees gewaarsku
'n Waardevolle wenk wanneer jy sekuriteitskameras by jou woning of besigheid sou installeer, is om kameras te kry wat kleurbeeldmateriaal kan gee.

Die polisie waarsku dat diefstal van lugversorgers gereeld in Parys gesien word. Dit is veral die koperkomponente in lugversorgers waaragter misdadigers aan is. Maak seker jy doen alles moontlik om geïnstalleerde lugversorgers by besighede en wonings te beveilig.
‘n Waardevolle wenk wanneer jy sekuriteitskameras by jou woning of besigheid sou installeer, is om kameras te kry wat kleurbeeldmateriaal kan gee. Maak seker die kameras wat jy installeer gee goeie kwaliteit beeldmateriaal. Die polisie kry dikwels beeldmateriaal met baie swak kwaliteit. As die beeldmateriaal dan boonop ook nie in kleur is nie, is dit moeilik om ‘n verdagte van die beeldmateriaal af te kan identifiseer.
Moet ook nie die waarde van bewegingsensors of kameras wat ‘n lig het wat aankom wanneer beweging opgetel word, onderskat nie



