Local newsNews

Groot oorwinning vir landbou: Privaat BKS-inenting uiteindelik moontlik ná skikking

Die skikking sal bydra tot groter stabiliteit in die landbousektor.

Suid-Afrikaanse veeboere mag voortaan wettig geregistreerde bek-en-klouseer (BKS)-entstowwe privaat bekom en aan hul diere toedien. Dit volg ná die deurslaggewende hofuitspraak vroeër vanjaar in die Pretoriase Hooggeregshof, en skikkingsooreenkoms tussen die Departement van Landbou, Vrystaat Landbou, Saai en Sakeliga, waarmee die staatmonopolie op die invoer en toediening van BKS-
entstowwe verbreek is.

Francois Wilken, president van Vrystaat Landbou, sê dat die uitspraak en uiteindelike skikking ’n
belangrike keerpunt in die bestuur van die BKS-krisis in Suid-Afrika verteenwoordig. “Dit
verwyder onnodige regulatoriese struikelblokke en staatsmonopolie en maak dit vir die private
sektor moontlik om ’n daadwerklike rol te speel in die beskerming van die nasionale kudde.”

Vrystaat Landbou het deurentyd volgehou dat samewerking tussen die staat
en die private sektor noodsaaklik is om die verspreiding van die siekte effektief te beperk.

Die stryd oor BKS-inenting het uiteindelik daartoe gelei dat Vrystaat Landbou, Sakeliga en Saai, regsaksie ingestel het om die staat se belemmering van private invoer – en inentingspogings te beëindig en praktiese oplossings vir produsente te verseker.

Wilken het benadruk dat die skikking wat bereik is aan produsente die nodige reg gee om hul kuddes te beskerm en bydra tot groter stabiliteit in die landbousektor.


Vrystaat Landbou, asook die Minister van Landbou, mnr Willie Aucamp, is dit eens dat die pad
vorentoe gefokus moet wees op samewerking, voldoende beskikbaarheid van entstowwe en ’n
gekoördineerde, nasionale inentingsstrategie.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button