Local newsNews

Se gat met die gate

Kol vir kol om die gate-stryd te wen

AfriForum se Parys-tak het die afgelope naweek paaie aangepak wat deurtrek was met slaggate. Dit het 13 mense en 70 sakke teer gevat om 50 slaggate in die dorp op te vul en te herstel. Die tak het veral gefokus op Breë-, Grens- en Schilbachstraat. Dit het lede byna twee uur gevat om die slaggate te herstel.

Schalk Burger, voorsitter van AfriForum se Parys-tak, sê die broodnodige herstelwerk gaan ’n wesenlike impak op die gemeenskap hê.

“AfriForum se Parys-tak wil ook die gemeenskap bedank vir hul inkoop in die projek en elke bydrae wat gemaak is, veral vir die gemeenskapslid wat toegesien het dat die werkers se lone ten volle betaal is. Hierdie soort ondersteuning en samewerking verseker dat die Parys-tak voortgaan om belangrike werk op die dorp te doen,” sê Burger.

 

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button