Local newsNews

Kom vang somergees by die Molen Kórus Kamerkoorfees

Molen Kórus, sal hierdie jaar die verhoog deel met die Rheinberger Kamerkoor van Johannesburg onder leiding van Elana Neethling en die Laudem Dei Kamerkoor van Randburg onder leiding van Laura de Waal wat verlede jaar gestig is.

Die somer het uiteindelik aangebreek wat beteken die eikelaan in Potchefstroom se akkerbome  skitter weer in hul heldergroen prag. Vir Potchefstroom se  kamerkoor, Molen Kórus, wat as die “groen koor” bekend staan, beteken dit konserttyd!

Die jaarlikse Molen Kórus Kamerkoorfees word reeds vir die vyfde keer aangebied en is ʼn instelling op Potchefstromers se konsertkalender.
Hierdie jaar kan die gehoor uitsien na optredes deur drie kamerkore. Molen Kórus, sal hierdie jaar die verhoog deel met die Rheinberger Kamerkoor van Johannesburg onder leiding van Elana Neethling en die Laudem Dei Kamerkoor van Randburg onder leiding van Laura de Waal wat verlede jaar gestig is.

Die Kamerkoorfees beloof om iets vir elke koorliefhebber te bied met ʼn veelsydige program. Elkeen van die kore bring hul unieke klank en repertoire na die verhoog wat verseker dat die gehoor kan uitsien na klassieke koormusiek, romantiese koormusiek en ook meer kontemporêre en ligter werke wat sal betower en die litte laat roer.

Dit is nie elke dag dat mens die geleentheid kry om soveel kore van uitstaande gehalte op een verhoog te sien kry nie en Molen Kórus nooi elke
koorliefhebber uit om hierdie jaar se Kamerkoorfees te kom geniet.

Die konsert vind plaas 9 November om 18:00 by die NG Kerk Potchefstroom-Noord (Dwarsstraat 21). Kaartjies kos R100 per persoon en
R50 vir kinders (3-12jaar). Kaartjies is aanlyn by Quicket sowel as by die deur beskikbaar.

Diegene wat graag by Molen Kórus wil aansluit kan nou reeds ʼn oudisie bespreek. Oudisies vir nuwe lede word op 12 en 13 November in Potchefstroom gehou Meer inligting is op die koor se Instagram-en Facebook-blaaie beskikbaar (@molenkorus), of stuur ʼn e-pos
na molenkorus@gmail.com.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button