
Sedert verlede Woensdag het die Vaaldam se watervlak van 34,29% verder gedaal na 32,88%. Invloei by dié dam word tans gemeet teen 7,90 kubieke meter per sekonde en uitvloei teen 17,5 kubieke meter per sekonde.
Bloemhofdam is nou 73,66% vol.
Laer temperature sal eers van Donderdag af gevoel word tesame met reën wat veral vir die naweek vir die Parys-distrik voorspel word.
Vir boere wat alreeds begin plant het is reën nou baie nodig.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



