Local newsNews

Kom ons maak ons sypaadjies reg

Oor die jare het die gebrek aan onderhoud daartoe bygedra dat van die sypaadjies onveilig is vir voetgangers.

MooiParys wil die sypaadjies in Parys se middedorp herstel sodat voetgangers weer hier met gemak kan beweeg.

Oor die jare het die gebrek aan onderhoud daartoe bygedra dat van die sypaadjies onveilig is vir voetgangers.

Dit skep ook ‘n swak indruk by toeriste wat die dorp besoek. Die gedagte is dat besighede, instansies en selfs individu ‘n gedeelte van ‘n sypaadjie sal borg, of sal aanbied om te help met materiaal of arbeid om die sypaadjies wat dringend aandag kort, reg te maak.

Danksy MooiParys se volgehoue werk om te help om die dorp weekliks skoon te hou, en met die ondersteuning van die munisipaliteit, is daar vele komplimente vir hoe skoon die dorp is.

Met netjiese sypaadjies kan dit selfs nog meer vir die dorp se ekonomie doen.

As jy betrokke wil raak by die inisiatief stuur ‘n WhatsApp na Braam by 072 779 4079, of Paul by 084 818 3123, of gebruik die volgende bankbesonderhede om ‘n bydrae vir MooiParys te maak: MooiParys, Absa, takkode: 005920, rekeningnommer: 410 5545 894.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button