Local newsNews

Kom stap saam Saterdag en maak so ‘n verskil vir ander

Bring jou kinders, jou familie, jou vriende, selfs jou hond aan ‘n leiband en kom neem deel. 

Parys Gazette se Empathy Walk wat in samewerking met parkrun en met die ondersteuning van Parys Multisport aangebied word, vind plaas Saterdag om  07:30 vir 08:00 by Egweni River Lodge in Van Collerstraat

Bring jou kinders, jou familie, jou vriende, selfs jou hond aan ‘n leiband en kom neem deel.

Waaroor gaan die Empathy Walk?

Empatie is die vermoë om werklik begrip te hê vir iemand anders se situasie en dit wat hulle voel en beleef. Maar empatie kom nie vanself nie. Dit is ‘n vaardigheid wat ons kinders van jongs af kan leer, want wie van ons weet hoe dit werklik voel om in ‘n ander se skoene te staan? Met die Empathy Walk word gepoog om veral ons kinders te leer om ‘n omgeehart vir ander te hê deur ‘n bietjie van jou tyd te gee om die 5km roete saam te stap of te draf en terselfdertyd iets vir iemand anders in nood te beteken. Al wat nodig is om deel te neem is ‘n omgeehart vir ander.

Wat bring jy saam?
Deelname is gratis. Al wat jy moet saambring is enige klere of skoene – oud of nuut waarvoor jy nie meer nut het nie, of nie-bederfbare produkte, skoonmaakmiddels of toiletware.
Alles wat ontvang word op die dag word geskenk aan Vrystaat Versorging in Aksie wat voorsien in die nood van sovele in die gemeenskap van Parys, en hul groot droom om ook ‘n huis van veiligheid in te rig vir verwaarloosde en mishandelde kinders. Die hartseer realiteit is dat meer as dertig kinders alreeds vanjaar deur maatskaplike werkers van Vrystaat Versorging in Aksie uit hul ouerhuise verwyder moes word weens mishandeling of verwaarlosing.

Die roete:
Dieselfde 5km parkrun roete word gevolg wat parkrunners elke Saterdag by die Egweni River Lodge voltooi. Die roete al langs die rivieroewer is besonder mooi. As jy nie kans sien om self te stap of te draf nie, kom loer net in en bring iets saam vir hulle wat minder het, want op hierdie dag wys ons empatie vir ander in wie se skoene jy dalk nog nie geloop het nie.
Wie kan deelneem?
Oud of jonk, fiks of onfiks – hier is geen beperkinge.

Navrae:As jy enige vrae het of selfs net ‘n klere, skoene of nie-bederfbare produkte wil gee as jy nie die dag daar kan wees nie, WhatsApp na 060 690 7591

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button