Local newsNews
Ngwathe kry sy nuwe ‘cherry picker’
Die aankoop van die 'cherry picker' en 'n laaigraaf wat vroeër al deur die munispaliteit ontvang is, sal bydra tot beter dienslewering aan die publiek,, het die munisipaliteit gesê.
Ngwathe het Dinsdag sy splinternuwe cherry picker wat gebruik word om aan kraglyne te werk, in ontvang geneem wat verligting sal bring met vinniger reaksietyd om die eindelose kragprobleme in veral Parys op te los.
Die dorp sit sedert verlede Donderdag met ‘n ellelange lys van kraprobleme na ‘n haelstorm en swaar reën. Wind en reën sedert die naweek het booonop nog verdere skade veroorsaak.
Die cherry picker wat gekoop is volg nadat die munispaliteit ook einde Oktober ‘n nuwe laaigraaf gekoop het, en het die munispale bestuurder, Dr Mothamaha, gesê dat die toerusting vinniger en meer doeltreffende dienslewering in al die Ngwathe dorpe sal beteken, terwyl die koste aan toerusting wat ekstern gehuur moet word, so verlaag word om eerder aan ander noodsaaklike dienste te kan spandeer.
Die cherry picker is deur Ngwathe se uitvoerende burgemeester, raadslede, lede van die burgemeesterskomitee en die munisipaliteit se hoof finansiële beampte in ontvang geneem.
Die munisipaliteit het verder gesê dat die toerusting wat gekoop is, dui op sy verbintenis om meer effektiewe en gemeenskaps-gefokusde diens te kan lewer.
Daar is vanoggend vroeg reeds begin om aandag te gee aan verskeie kragprobleme wat steeds op die lys is.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



