Local newsNews

Parys-man ernstig beseer in aanval

Misdaad styg tradisioneel oor die feestyd en moet jy nou meer as ooit waaksaam wees.

George de Waal is vanoggend uit die intensiewe sorgeenheid geskuif na die Hoë sorg chirurgiese saal van die Emfuleni MediClinic nadat hy ‘n week gelede op die hoek van Dwars- en Loopstraat deur drie mans, gewapen met ‘n mes, aangeval is. Sy milt moes na die aanval verwyder word en het hy ook skade aan sy lewer, en snywonde aan sy arms en hande.

George se vrou, Riana, vertel dat hy die aand laat van die werk af gekom het en geloop het om ‘n paar goed in die dorp te kry omdat hul motor stukkend is.

Die mans het hom van agteraf gegryp en sy rugsak probeer afvat.

In die gestoei om die mes by die mans te vat, is hy herhaaldelik geskop.

Hulle is weg met sy rugsak en beursie.

Dit het toe al begin donker word en was hy gedisoriënteerd weens sy beserings.

Hy kon tot by die vulstasie naby Galitos kom waar hy inmekaar gesak het. Van die vulstasie personeel het hom te hulp gesnel en ‘n ambulans ontbied.

Hy is eers by die Parys Distrik hospitaal en daarna ook deur hul huisdokter behandel, wat hom na ‘n spesialis verwys het.

Die skanderings en toetse het op daardie stadium nie die skade aan sy milt en lewer gewys nie en hy is huis toe.

Sondag het hy egter sleg begin voel en is weer terug na die Emfuleni MediClinic waar vasgestel is dat sy lewer en milt in die aanval beskadig is wat inwendige bloeding veroorsaak het.

George de Waal waar hy steeds in die Emfuleni Medi Clinic is nadat hy deur drie mans aangeval is.

Sy toestand  is ernstig maar stabiel.

Misdaad styg tradisioneel oor die feestyd en moet jy nou meer as ooit waaksaam wees.

Nog ‘n inwoner, Petro Church, vertel dat sy drie weke gelede haar selfoon kwyt is toe ‘n grypdief reg voor Miladys in Kortstraat skielik teen haar gestamp en in ‘n oogwink haar selfoon uit haar handsak gevat het. ‘n Dame wat
oorkant die pad by die taxi-staanplek was het die insident gesien, en haar aandag daarop gevestig.

Sy het die grypdief gekonfronteer wat verontskuldigend beweer het dat hy net sy vuurhoutjie opgetel het en
niks weet van die selfoon nie. Vasberade om dit nie daar te laat nie, het Church om die blok gery en die grypdief aan ‘n man in die straat beskryf.

Sy het aangebied om hom te vergoed as hy haar sou help soek na die selfoon en die verdagte.

Nie lank daarna nie het hy inderdaad die man opgespoor waar hy besig was om hare te sny.

Sy het hom trompop geloop en uiteindelik haar selfoon ongeskonde teruggekry.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button