Local newsNews

Twee sterf in botsing onderweg na inisiasieskool

Ons diepe medelye met die familie van die oorledenes.

‘n Man en vrou is dood en verskeie beseer na ‘n botsing vanoggend op die R57  tussen Kestel en Qwaqwa.

Die ongeluk het om ongeveer 09:00  gebeur toe die bakkie wat seuns van Kestel na ‘n inisiasieskool in Qwaqwa vervoer het, omgeslaan het, is in ‘n verklaring  deur die Vrystaatse Departement van Gesondheid bevestig.

Benewens die bestuurder van die bakkie en sy vrou wat in die ongeluk oorlede is, is 12 pasiënte na die Elizabeth Ross-hospitaal vervoer met geringe beserings. Dié pasiënte is almal tussen 18 en 29 jaar oud, het die departement gesê.

Vyftien pasiënte is ook na die Mofumahadi Manapo Mopeli streekhospitaal geneem. Dié pasiënte is almal tussen 17 en 37 jaar oud. Van die 15 pasiënte is agt opgeneem en vier is reeds ontslaan.

Drie pasiënte is ook na Busamed en die Hoogland Mediclinic vervoer.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button